Wednesday 25 July 2012

Biosakkies

Beskrywing
Die biosakkies is ontwerp om higieniese beskerming aan te bied vir die lug en vir na-oes produkte te beskerm van bederf as gevolg van algemene mikro-organismes. Dit is ook effektief om reuke te verteer en vir langtermyn reuk beheer.

Wanneer die biosakkies blootgestel is aan vog in die lug word 'n lae konsentrasie (minder as 0.1ppm) chloordioksied gas geproduseer. Chloordioksied is 'n kragtige biocide en reuk beheer agent wat sal stryd teen mikro-organismes en reuke wat veroorsaak word deur chemiese stowwe, muf, swamme en bakterieë. Chloordioksied sal ook reageer met baie van die reuk veroorsakende chemikalieë blootgestel ná 'n brand (waarvan sommige gevaarlik is in hul eie reg).

Omdat dit 'n gas is wat vrygelaat word, sal dit die lug / produkte higienies beskerm teen algemene mikro-organismes soos Botrytis, Aspergillis, Penicillium, Geotrichum, Colletotrichum, ens.

Nota:  Die chloordioksied gas kan ook dien as 'n etileenwas (skrop) en sal die rypwording van vrugte en blomme vertraag.

Die sakkies word ge-aktiveer deur vogtigheid in die lug en is meer doeltreffend in 'n vogtigheidsgraad bo 65. Lugverplasing, soos waaiers in koelkamers, versprei die chloor dioksied gas effektief.

Nota:  Voordat die sakkies in areas wat behandel moet word, soos koelkamers, koeltrokke ens, geplaas word, moed die area baie deeglik gewas wees met 'n reinigingsmiddel.  Dan moet die areas afgespoel word, en dan sprei alle oppervlaktes met Biox 5000 opgelos in water.